Share This Post

Vier skoolbenodigdhede deur die jare

Vier skoolbenodigdhede deur die jare

Kosblik? Reg. Nuwe kleurpotlode, oefenboeke, en rugsak? Doodreg! 

Die einde van die skoolvakansie is bittersoet, maar om terug skool toe te gaan beteken om vriende te sien en te werk aan nuwe mylpale, vir albei opvoeders en leerders. Dit is ‘n opwindende tyd propvol klein vreugdes, soos wonderlike nuwe skryfbehoeftes. En hoe het hierdie gereedskap verander! Van inkpotte en boeke met die hand dra tot dowwe kleurpalette – hier is ‘n paar maniere waarop skoolbenodigdhede deur die eeue verbeter het.

Maak jou merk

Vir ‘n groot deel van die menslike geskiedenis was skoolnotas tydelik en leerders moes baie nuwe materiaal memoriseer om in hul lesse te vorder. Krytskrif op leikliptablette kon per ongeluk skoongevee word of ‘n gemorste inkpot kon ‘n hoop aantekeninge in een lomp oomblik vernietig.

Die massabekendstelling van papieroefenboeke in die 1800s het die spel verander. Hulle het opvoeders toegelaat om toesig te hou oor leerderontwikkeling, terwyl hulle ook aan leerders konkrete bewyse gegee het van hul daaglikse verbeterings. In baie opsigte is die oefenboek ‘n ruimte om oor die leerproses te mediteer. Hulle het selfs waardevolle bronne van geskiedenis geword vir navorsers wat die evolusie van moderne onderwys bestudeer. Onthou jy toe jy die grondbeginsels van handskrif bemeester het en van potlood tot pen kon gradeer? Elke klein treetjie op die leerreis is die moeite werd om te vier.

Verken nuwe wêrelde

Dit is maklik om te vergeet dat rugsakke eers in die 1980s noodsaaklike skoolbenodigdhede geword het. Voor dit sou leerders hul boeke met die hand dra, of met stroke lap of leergordels saamgegord. Die nederige rugsak het leerders toegelaat om meer boeke huis toe te dra vir selfstandige- of toegewysde lees, wat hul wêrelde oopmaak op maniere wat die internet ook vandag toelaat. Moderne rugsakke het baie doeltreffend geword en aangepas om aan ‘n reeks behoeftes te voldoen, met aangewese sakafdelings, gemaklike ontwerpe, en funky patrone.

‘n Spektrum van kleure

Toe kryte die eerste keer bekendgestel is, was daar nie genoeg variasies om ‘n reënboog te teken nie. In die vroeë 1900s het ‘n tipiese boks waskryte net agt kleure gehou en nou het ons honderde variasies om van te kies. Die waskryt help jong leerders om hul fyn motoriese vaardighede, koördinasie, en ruimtelike bewustheid te ontwikkel, asook om kreatiwiteit en selfvertroue aan te moedig. En nadat jy die kryte bemeester het, is daar kleurpotlode, penne met veselpunte, en soveel meer genotvolle kunsbenodigdhede om te verken!

Werk dit uit

Onder die talle klaskamergereedskap wat verander het, het klassieke Wiskunde skryfbehoeftes konstant gebly. Die tipiese Wiskunde instrumentstel (liniaal, gradeboog, en passer) is in 1912 in die VK bekendgestel en bly ‘n globale klaskamer noodsaaklikheid. Net so, terwyl ons nou voordeel trek uit digitale sakrekenaars, is die telraam in die 1200s in China uitgevind en help steeds nuwe generasies om Wiskunde grondbeginsels onder die knie te kry.

Skryfbehoeftes is nog steeds relevant

Terwyl die onderwyssektor Suid-Afrikaanse leerders voorberei vir die volgende industriële rewolusie, is dit belangrik om te onthou dat taktiele leer steeds ‘n plek in ons skole het. Gemengde leer word dikwels uitgebeeld as ‘n verhoging met die doel om digitale gereedskap in te werk, maar die belangrikheid van pen op papier kan nie onderskat word nie. Om met die hand te krap om ‘n probleem op te los of om aantekeninge neer te skryf hou baie voordele in, van die stimulering van breinaktiwiteit tot die ondersteuning van nuwe inligtingherroeping. Buitendien, wie hou nie van die gly van ‘n nuwe pen oor ‘n leë bladsy nie? Dit is die genotvolle- en bekende rituele wat ons van kleins af tot in volwassenheid saam met ons dra.

Kry presies wat jy nodig het met YourSchoolBox

YourSchoolBox is toegewyd om elke tipe klaskamer te ondersteun met kwaliteit gereedskap om leerders na sukses te lei. Sodra opvoeders hul terug skool toe skryfbehoeftevereistes vir die jaar gekies het, voeg YourSchoolBox die lyste by hul aanlyn platform, wat alle administrasie vir skole verwyder. Ouers gaan eenvoudig aanlyn, kies hul skoolgraadlys/te, betaal, en YourSchoolBox hanteer die res! Met duisende wonderlike produkte om van te kies, sal jy in ‘n japtrap kan aanbeweeg na lesbeplanning, met die wete dat jou leerders op die eerste dag van skool sal opdaag met alles wat hulle nodig het.

Met klein verbeterings langs die pad, bly die klassieke skool skryfbehoeftes vandag net so relevant soos toe hulle die eerste keer bekendgestel is. Die volgende keer as jy na ‘n nuwe notaboek gryp, dink aan die reis wat hierdie innovasies geneem het om jou op daardie oomblik te ontmoet.

Share This Post

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.