Share This Post

Domestos verbind tot die bekamping van onveilige sanitasie in Suid-Afrikaanse skole

Domestos verbind tot die bekamping van onveilige sanitasie in Suid-Afrikaanse skole

10-jaar veldtog verseker dat Suid-Afrika se leerders doelgerigte onderwys met skoon en veilige toiletgeriewe ontvang.

Wêreldtoiletdag 2021 het die fokus vierkant op die globale sanitasiekrisis geplaas deur bewustheid oor die miljoene mense wat sonder toegang tot veilige sanitasiegeriewe leef, te verskerp. In ooreenstemming met die VN se Volhoubare Ontwikkeling Doelwit 6, die “versekering van beskikbaarheid en volhoubare bestuur van water en sanitasie vir almal,” is die gebrek aan voldoende sanitasiegeriewe ʼn debakel wat daaglikse fokus en aandag verg.

Dit is ʼn groot bekommernis, met meer as 2.3 miljard mense regoor die wêreld sonder toegang tot ʼn veilige toilet, en een uit elke drie skole wat glad nie ʼn toilet het nie. Soveel as 66% van skole in ontluikende lande het nie ʼn bruikbare toilet nie, wat dringende ingryping verg.

Die sanitasiekrisis in Suid-Afrika is ʼn haglike situasie, want miljoene van ons leerders moet daagliks onveilige, swak sanitasie verduur én boonop ʼn onveilige tog na die toilet trotseer.

Mediese dokter, dr. Adé van Heerden, sê om die toilet te besoek is iets wat ons as van selfsprekend aanvaar. Maar baie van ons leerders moet in die proses fisiese gevare trotseer, en boonop sorg die gebrek aan lopende water vir ʼn buitengewoon gevaarlike besoek aan die toilet. Dit word vererger deur die COVID-pandemie as ʼn ideale platform vir die verspreiding van die virus en vele ander siektes soos Tifus, Shigellose, Norovirus, Hepatitis E en Cholera.

Volgens dr. Tshepiso Matentjie, opvoedkundige sielkundige en lewensafrigter, het swak sanitasie ʼn negatiewe impak op leerders. Goeie sanitasie is ʼn basiese lewensreg waarsonder talle kinders tans moet klaarkom. Dit kan tot afbrekende sielkundige probleme en fisiese gesondheidsdilemmas lei, wat ʼn negatiewe impak op die kind se geestesgesondheid en leervermoë het. Waar toilette ver weg van die leerders af is, of in onveilige omgewings geleë is, of toilette te min en onhigiënies is, neig kinders om hul besoek aan die toilet uit te stel, of glad nie die geriewe te gebruik nie. In die kind se poging om onveilige en onhigiëniese toilette te vermy, kan sielkundige probleme soos enurese en enkoprese ontwikkel. Dit beteken dat individue hul vermoë verloor om urinering en stoelgang te beheer.

Om die sanitasiekrisis regoor die wêreld – en ongetwyfeld in Suid-Afrika – aan te spreek en om aan die Volhoubare Ontwikkeling Doelwit 6 te voldoen, moet pogings viervoudig aangewend word as ons die VN-teiken van skoon water en sanitasie vir almal wil bereik. 

In reaksie op dié krisis ondersteun Unilever, deur sy handelsmerk Domestos, die verwesenliking van hierdie doelwit deur ʼn omvattende program wat die volgende insluit:

  • Die Nasionale Skoolhigiëne-program, gemik op die ondersteuning van die kurrikulum in 15 000 openbare laerskole regoor Suid-Afrika, deur in samewerking met die Departement van Basiese Onderrig, goeie higiëne- en sanitasie-gewoontes aan te kweek.
  • Die Skoner Toilette Blinker Toekoms-program, waar skoonmakers, onderwysers en die hele skool opgelei word om hul toiletgeriewe in ʼn meer higiëniese en volhoubare wyse te bestuur, om te verseker dat fasiliteite wat dikwels gebruik word, optimale sanitêre vlakke deur die loop van die dag behou.
  • Die Infrastruktuurprogram, wat nuwe- of opgeknapte toiletgeriewe by die mees behoeftige skole regoor die land befonds.

Dié programme het sedert 2010 toegang tot skoner en veiliger toilette aan meer as 5 miljoen leerders verskaf. Dit sou nie moontlik gewees het sonder vennootskappe soos, onder andere, met die Departement van Basiese Onderwys, Designdex, Astratto Engineers en Envirosan nie.

Domestos Suid-Afrika het op Wêreldtoiletdag die impak van swak sanitasie in die land verder uitgelig met ʼn massiewe uitstalling in Mall of Africa. Die skerp werklikheid is uitgebeeld met ʼn volgrootte toilet in ʼn haglike- en onveilige toestand, soortgelyk aan wat baie kinders noodgedwonge op ʼn daaglikse basis in skole regoor die land moet gebruik. Die teenstelling was ʼn roterende uitstalling van ʼn nuut opgeknapte toilet, met die treffende boodskap dat sanitasie ʼn betekenisvolle impak op ʼn kind se skoolervaring kan hê en dat Suid-Afrikaners ʼn verskil kan maak in die bekamping van onveilige sanitasie.

“Die inisiatief was meer as ʼn blote aktivering, maar ʼn dringende oproep tot aksie wat kom uit die begrip van die fisiese skade wat onveilige toilette vir leerders kan inhou, insluitend die langtermyn sielkundige skade,” sê Nobuhle Ngubane, senior handelsmerkbestuurder by Unilever. “In sommige ernstige gevalle het kinders al gesien, of skole bygewoon, waar iemand wat in ʼn toiletput geval het, dood is. Baie ander worstel eenvoudig met die kwessie om toilette te vermy, bloot omdat die toestande so ondraaglik is.”

“Die onderdrukking van gereelde badkamerbesoeke, wat liggaamlike skade oor die langtermyn kan berokken, beïnvloed nie slegs hul vermoë om in die klaskamer te kan fokus nie, maar beperk hul vryheid om sorgeloos buite te kan speel. Verder kan kinders hulself bevuil, of hulself blootstel aan die verleentheid om hulself in die buitelug te verlig. Die verleentheid kan ʼn baie traumatiese ervaring wees,” sê Ngubane.

Domestos maak verbruikers deel van dié veldtog deur R1 van elke 750 ml Domestos-bottel, wat tussen November 2021 en Maart 2022 verkoop word, te skenk aan die verskaffing van verbeterde sanitasie aan ʼn verder 1 miljoen leerders in 2022.

“Ons dra soveel moontlik tot die bevordering van sanitasie in skole by, maar ons kan die stryd teen onveilige sanitasie slegs wen as ons saamwerk,” sê Ngubane. “Ons werk graag met alle vennote in die publieke- en privaatsektor, wat verskaffers vir ons infrastruktuurprojekte insluit. Maar ons het ook die toegewyde betrokkenheid van alle Suid-Afrikaners nodig om te verseker dat onveilige sanitasie in elke aspek van die samelewing – van huis, tot skool en verder – uitgewis word.”

Share This Post

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.