Share This Post

5 geleenthede om deur Apps jou klaskamer pret te maak

5 geleenthede om deur Apps jou klaskamer pret te maak

Kinders is nie meer dieselfde as 20 jaar terug nie en daarom kan onderwys ook nie meer dieselfde wees nie. Ons moet aktief werk om ons onderrigstyle so aan te pas dat leerders wil leer. Een manier is om tegnologie in jou klas te gebruik. Gaan vandag op jou slimfoon of tablet en soek apps wat jy in jou klas kan gebruik. Hier is ‘n paar idees en voorbeelde van hoe jy apps, met voorgestelde apps, in jou klas kan gebruik.

Video’s

Alhoewel formele mondelinge altyd belangrik sal wees, kan jy die leerders video’s laat maak om iets nuuts in jou klaskamer in te bring. Dit is tog vanselfsprekend baie meer genotvol om as ‘n klas na mekaar se video’s te kyk. Jy kan byvoorbeeld ‘n instruksievideo maak (byvoorbeeld hoe om ‘n gereg te maak) of dalk ‘n verhalende video. Hierdie opdrag is baie gepas vir groepwerk en die kinders geniet dit dan. Hulle kan goed voorberei en selfs dit ‘n paar keer oordoen as hulle sukkel met spesifieke woorde – persoonlik dink ek hulle leer dan baie meer uit die opdrag omdat hulle dit oor-en-oor doen totdat hulle dit regkry. Oulike apps wat jy hiervoor kan gebruik, is iMotion, Tellagami, iMovie,PowToon, Animoto of Adobe Spark. Elkeen van hierdie apps het hulle eie funksies. Sommige funksies sluit oulike agtergronde in (byvoorbeeld ‘n nuusstasie), jy kan musiek byvoeg of jy kan selfs jou stem vermom.

Plakkate

Plakkate is iets wat leerders in alle klasse op een of ander stadium moet maak. Aangesien ons nou in die 21ste eeu is, is dit onwaarskynlik dat hulle ooit plakkate met die hand gaan maak. Gee hulle dus die geleentheid om dit te maak op ‘n app soos Canva. Dit is ‘n app wat vir hulle die geleentheid bied om kreatief te wees en selfs uit te daag om ander idees te probeer. Hulle het meer as 60 000 template wat reeds oppgestel is asook meer as 3 miljoen prentjies wat beskikbaar is om te gebruik.

Toets jou leerders se kennis

Daar is gereeld geleenthede waar ‘n mens vinnig jou leerders se kennis op ‘n informele manier wil toets. Hierdie app word glad nie voorgestel vir formele assessering waar jy orde en stilte in die klaskamer wil hê nie, want die leerders word gewoonlik baie kompeterend en opgewonde. Hierdie is waarskynlik een van die bekendste apps wat in skole gebruik word. Kahoot! is gebruikersvriendelik vir beide onderwyser en leerder. Jy stel jou vragies op met maksimum vier moontlike antwoorde. Die leerders kry almal die kode van die spesifieke quiz. Hulle het dan vier kleure/vorms op hulle skerm. Die vraag verskyn op jou bord en hulle het dan ‘n paar sekondes (jy kies self die tyd) waarin hulle dan die vraag moet beantwoord. Soos die vraelys aangaan, wys dit wie in die klas voorloop. Dit is werklik ‘n manier om jou kinders op die punt van hulle stoele te kry vir jou vak. Kyk gerus na die kort video waarin dit verduidelik word: 

Woordeskatuitbreiding

Of jy nou Lewenswetenskappe of Afrikaans onderrig, daar is altyd konsepte of idees wat woordeskatuitbreiding verlang. Thinglink is ‘n app wat jy kan gebruik vir hierdie vaardigheid. Jy gee vir die leerders ‘n prentjie (of hulle kan self een soek) en hulle benoem dan die verskillende dele of identifiseer verskillende voorwerpe op die prentjie. Hierdie is ‘n doodeenvoudige manier om nuwe woorde te leer of om hulle te toets op dit wat hulle reeds moet kan identifiseer in ‘n prent.

Opdragte

Vir die avontuurlustige onderwysers, is Classcraft ‘n app wat jou hele klaskamer kan ontskep in ‘n aanlyn-speletjie. Elke leerder skep ‘n karakter en het HP (health points), AP (action points), XP (experience points). Die onderwyser skep dan verskillende “quests” wat die take is wat jy wil hê die leerders moet doen. Soos hulle die quests afhandel, word hulle in ‘n opwindende storielyn vasgevang. Indien hulle die vrae in die quests regkry, kry hulle experience points wat hulle dan kan gebruik om vir hulle karakter unieke vaardighede en eienskappe te gee. Die voordeel vir die onderwyser is dat jy kan sien dat die leerders die werk voltooi, hoe hulle vaar en hoe gereeld hulle werk. Jy kan ook vir die leerders (en die ouers as jy wil) boodskappe stuur en ekstra punte gee as hulle byvoorbeeld werk by die huis doen of ‘n fout in die notas vind.

Daar is altyd plek vir ‘n onderwyser om voor ‘n klas te staan en klas te gee, maar hierdie opsies laat jou toe om buite die boks te dink. Hierdie apps daag jou leerders uit om juis dít te doen, maar op ‘n manier wat nie net opvoedkundig is nie, maar ook propvol pret. Dit leer hulle ook die vaardighede wat hulle in die “wêreld daarbuite” gaan nodig hê om opdragte elektronies in te handig en te “present”. Leerders gaan nie net dit geniet om so te leer nie, maar gaan jou lesse ook onthou. So, daag jouself uit om maniere te vind waar jy nie hoef te sê “bêre jou selfoon” nie, maar juis dit te gebruik om ‘n leersame ervaring te bied.

Lees verder:

Wow! Kyk hoe dollie hierdie onnie sy klaskamer op!

10 idees vir jou klaskamer

Deel jou (GRATIS) hulpmiddels met ander onnies

Wenke vir jou volgende onderhoud

Jou skool benodig ‘n webtuiste: Kwikweb kan help

Video’s vir derdetaalleerders

200 + Wiskundevideo’s vir graad 4 – 7

10 koöperatiewe leerstrategieë (en apps wat handig is daarvoor)

Adverteer onderwysposte / vind jou droompos!

Quizpedia: Laat leerders hul eie vasvrae ontwerp!

6 Memes wat net onnies sal verstaan

Maklike DIY vir ingenieurtjies in jou klas – STE(A)M

Quizlet: Maak digitale flitskaarte!

Idees vir poësie-maand

5 Wenke vir beter klaskamerbestuur

Idees: Maak jou eie leeshulpmiddel!

Idees: Maak stil snoesies!

Inspirasie: Maak jy ‘n verskil?

Inspirasie: Hoe om ‘n gebroke skool heel te maak

Digitale Media in die Afrikaansklas

Afrikaanse hulpmiddels

Share This Post

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.